Kunsklasse


 

As jy kan lees en skryf, dan behoort jy te kan teken.

Om te teken is eerstens vaardigheid van oog, en daaarna vaardigheid van hand.

Met ander woorde jy moet leer hoe om te sien.

Jy moet weet waarna om te kyk, en hoe.


Ek kan jou wys waarna om te kyk en wanneer,


in opeenvolgende stappe, en hoe om dit na papier oor te dra.

Binne 'n paar weke behoort jy 'n relatief goeie skets te kan maak.

As jy 'n skets kan maak dan behoort jy te kan skilder.

 

* * * * *

 

 


 


Kunskursus:

Word 2 keer per jaar aangebied - Februarie en Augustus


Die kursus bestaan uit 15 lesse: 

5 potlood en pastel, 5 akriel en olie, 5 vir die portret.

Klasse is 2.5 uur lank, een keer per week.

 Klasse is in Garsfontein Oos.
Dinsdae, Woensdae en Donderdae 10h00 en 18h00. 
R300 per klas.

Ons begin met potlood en eindig met 'n olieverf portret.

Die eerste 5 lesse is om die basiese beginsels oor te dra,
en ook verskillende  tekentegnieke.

Die 5 lesse daarna gaan oor hoe om 'n skildery te benader,
van begin tot  einde.

Die laaste 5 lesse gaan oor die skilder van 'n portret.

 

 

 



Alle klasmateriaal word verskaf, behalwe die doek vir die portret.

Notas word gegee by elke klas.


---===
oooOOOooo===---

 




Klasse vir Skoliere:

 



Vir skoliere wat hulp nodig het met kunsprojekte.

Skoolkinders het dikwels uitstekende idees,
maar besit nie die handvaardigheid en kennis van die medium nie.

Teken en sketstegnieke in potlood, en verftegnieke in gouache en akriel.

Dinsdae en Woensdae 14h30.

R200 per klas.


---===
oooOOOooo===---

 

 

Voorbeelde van studente werk

 


082 403 5412

 

 

 

 


 

 

*****************************************************

Oor my:

Studeer kuns by Pretoria Technikon

Werk as Grafiese Ontwerper, Fotograaf en Kunstenaar sedert 1990

Meer as genoeg ondervinding in toegepaste kuns

Kunsregie by uShaka Marine World en Montecasino


*****************************************************